R 15 900 000 | farm property for sale in prieska rural

Property Description

Hierdie besonderse 12 261 ha Karooplaas is in 2 dele wat afsonderlik, of as geheel gekoop kan word. Dis 'n totale binneplaas wat van 2 rigtings bereik kan word. Grassoorte wat kenmerkend in die omgewing voorkom, is: boesmansgras, kapokbos, borseltjiegras, gannas, 5 soorte karoobos, witgatbome, suidwes dorings en 3 doringbos. Sandveld, hardeveld en ranteveld maak deel uit van die tipografie. Plus minus 2000 ha se vleileegtes maak die plaas uniek, wat met so min as 10 mm reen dit verander na 'n gannabos paradys om lammers af te rond of ooie op te lam in die herfsmaande voor die winter. Kampe: 20 met 9 windpompe en 6 sonpompe, met krippe en opgaartenks/-damme. Boorgate wissel van 12 m tot 40 m dieptes. Hier is ook 'n fontein met soetwater reg deur die jaar. Omheining: twee derdes van die plaas is elektries omhein (1.6 m hoog) met 'n sonkragstelselres van die plaas het jakkalsbestande omheining. 'n 750 ha Wildskamp met wildsomheining met die volgende wild op: gemsbok, blesbok en springbok. Opstal en wonings 1. Gerieflike groot plaashuis met 4 slaapkamers, sonkamer, kombuis met Aga koolstoof, spens, badkamers, leef- en braaiarea. Buitegeboue met arbeidershuise,store en veehanteringsgeriewe. Sonkrag van 6kva met windlaaier van 20 kva. 2. Oubplaashuis wat buite werk benodig( histories restoreerbaar). Groot sinkstoor. Veehanteringsgeriewe en skaapvoerkraal. Geen Eskom. Drakrag is 1:32 Gve of 1:6-7 Kve. Reenval 150 tot 200 mm per jaar. Die een akte is te koop uit die Boedel (BTW-draend). Die ander deel is in Trust wat oorgekoop kan word met sy voordele.


Property Details

Purchase Price R 15 900 000

Type of PropertyFarm

Pets AllowedYes

Land Size12261 m2

Last Updated21 Apr 2025

Rooms

Kitchen1

Bedrooms4

Bathrooms1.5

Reception Rooms

Lounges1

Dining Room1

External Features

Patio1

Property Location

Similar Property in nearby suburbs

Agent

Braam Jordaan

Share        

Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Prieska Rural!


Close